1. Nederland en water

What would happen if the Netherlands were not protected by dikes and duines.
Animation: The Netherlands without dikes and duines
Water het nog altyd ‘n sentrale rol in die Nederlandse geskiedenis gespeel. Aan die een kant het dit groot rykdom vir die Nederlanders gebring deur handel en vissery; maar aan die ander kant was daar ook al baie slagoffers as gevolg van die vele oorstromings. Vandag die dag is water belangrik vir Nederland. Vanuit ‘n geologiese oogpunt is Nederland op ‘n baie gunstige plek aan see en deels in ’n deltagebied van vier groot riviere geleë. (’n Deltagebied is ’n driehoekige stuk land bij die monding van ’n rivier.) Die Nederlandse grondgebied het amper verdubbel as gevolg van inpoldering (gebiede wat drooggelê word en wat gebruik word vir landbou), van damme en selfs dele van die see. Dit is al ‘n eeue oue praktyk. Die resultaat van hierdie inpoldering is dat 40% van Nederland nou benede seespieël lê. Hierdie gebiede hou groot dele van die mees bewoonde en economies belangrijke dele in, met inbegrip van groot stede soos Amsterdam en Rotterdam. Om hierdie gebiede droog te hou, word oortollige water steeds weggepomp. Op hierdie manier word Nederland steeds beskerm teen vloede deur ‘n kombinasie van dyke, duine, damme, en keringe. Na die laatste groot watersnoodramp in 1953, het mense besluit om die Deltawerke te bou; één van die grootste water beheer projecte ter wêreld.