3. Die Deltawerke

3.1 Die Delta Kommissie

The Deltaworks
Video: The Deltaworks
Die Delta Kommissie is in die lewe geroep 20 dae na die Noordsee vloed, op 21 Februarie 1953. Hierdie kommissie het advies gegee op die verbetering van die veiligheid in die getroffe gebied. Dit gee egter nie om hoe veilig die gebied moet word nie, as die Nuwe Waterweg en die Westerskelde maar oop bly vir die ekonomiese belange van die hawens van Rotterdam en Antwerpen. Uiteindelik, op 18 Oktober 1955, het die Delta Kommissie gekom met 5 voorstelle wat gelei het tot die Deltaplan. Die plan sou uitgevoer word oor ’n periode van 25 jaar, waarby die koste geskat is tussen die 1,5 en 2 biljoen Gulden, (vergelijkbaar met 680 tot 900 miljoen Euro). Om die bou van die damme goed te reël, is die Deltawet in 1959 aanvaar Verskeie dele van die Deltawerke sou egter nie op dieselfde tyd uitgevoer kon word nie. Rykswaterstaat het daarom gekies vir ’n logiese volgorde: van klein na groot en van eenvoudig tot ingewikkeld. Rykswaterstaat het wel daarmee rekening gehou dat beskerming teen stormvloede so gou as moontlik realiteit moet word.

3.2 Die damme

3.2.1 Caissons  -  Sinkkuipe

So-called Phoenix Caissons are dragged to their destination "Veerse Gat" where they will be lowered to form parts of the dam.
Video: Caissons Veerse Gat finished
Die bou van damme in geule het probleme opgelewer danksy die vinnig stromende water. Die sand en steen wat ’n dam moes vorm het net so weer weggespoel. Daarom moes daar ’n nuwe tegniek gebruik word: Die Foeniks Eenheids Sinkkuipe. ’n Sinkkuip is ’n hol beton blok wat presies langs mekaar in die waterstroom geplaas word. Op hierdie manier kan ’n paar sinkkuipe langs mekaar ’n dam vorm. Tydens die vervoer van die sinkkuipe word hulle tydelik deur hout planke afgesluit. By aankoms word die sinkkuip onder water gelaat en die houtplanke word verwyder. Op hierdie manier kom al die sinkkuipe langs mekaar te staan en hulle vorm deel van die algehele werk. In die eerste instansie het die damme ’n oop karakter gehad waardeur die gety ongehinderd sy gang kon gaan, via die hol sinkkuipe. Daarna is die sinkkuipe opgevul met sand en gruis. Die sinkkuipe is nog swaarder gemaak deur nog meer sand en stene en daarna is die skuiwe tussen die sinkkuipe toegemaak. Deur die skuiwe te laat sak word die seearms direk toegemaak en is die dam voltooi. Die Veersegatdam en dele van die Grevelingendam, Volkerakdam en Brouwersdam is op die manier voltooi.

3.2.2 Kabelbaan

Constructing the final 2 parts of the dam by creating a static dam between the Sluice-complex and the
Video: Final fase Haringvliet
Vir sommige dele van die damme het dit geblyk dat die sinkkuip metode nie die beste oplossing was nie. Daarom is daar ’n spraakmakende nuwe tegniek ontwikkel. Via ’n kabelbaan word groot beton blokke van ongeveer 1,5 ton elk in die see gestort. ‘n Gondel is gebou wat  ongeveer 15 ton se materiaal kan dra. Met behulp van grypers kon die groot beton blokke onderaan die kabine van die kabelbaan gehang word. Nadat die blokke in die see gestort word, word die dam opgevul met sand, sodat die water nie meer weg kon stroom nie.  Hierdie tegniek is gebruik om die Grevelingendam, Haringvlietdam en Brouwersdam te voltooi.

3.3 Van sout naar vars

Waar die sout seewater eers ongehinderd in en uit kon stroom, het daar nou seewater opgegaar agter die dam. Die gety het verdwyn en die soutwater het langsaam maar seker varswater geword. Dit het egter groot gevolge gehad vir die plaaslike natuur. Soutwater visse en plante het gesterf en voëls het massaal weggetrek. Sommige dele van die area wat eers altyd onder water gestaan het, het nou opgedroog. Ander dele wat by laaggety droog was, het nou altyd onder water gestaan.

3.4 Oosterskeldedam word ‘n kering

Storm Surge Barrier in action!
Stormsurgebarrier
Die oorspronklike plan was om die Oosterskelde in te dam. Die soutwater wat agter die dam sou opgaar, sou stadig maar seker varswater word. Daar het egter al gou weerstand teen hierdie menselike ingreep gekom. Die unieke soutwater omgewing van die Oosterskelde sou slagoffer word van ekstra veiligheidsmaatreëls. In 1976 het daar ’n alternatief op tafel gekom: die Oosterskeldedam sou ’n kering word, waarvan die skuiwe net sou sluit by ekstreme weersomstandighede. Op hierdie manier sou die unieke soutwater omgewing, met sy mossel- en oesterteelt en sy hoog- en laaggety bly bestaan. Die stormvloedkering, met ’n totale lengte van 3 km, sou bestaan uit 65 voorgefabriseerde beton pilare waar 62 staal skuiwe tussen bevestig sal word. Die grond waar die kering eers op sou kom te staan, was te sag. Om die grond stewiger te maak, is ’n tal van maatreëls geneem. Kunsstof matte, gevul met gruis is byvoorbeeld geplaas daar waar die keringe te staan sou kom.
Water flows back into the North-Sea
Storm Surge Barrier Oosterschelde
 Die beton pilare was die belangrikste elemente van die dam. Elke pilaar is tussen 30,25 m en 38,75 m hoog en weeg 18.000 ton. Die plasing van één so ’n pilaar was regtig presiesie werk en kon alleen gedoen word wanneer die stroming so laag as moontlik was dus by die keer van die gety. Die pilare is na plasing verhoog met dele waaraan die skuiwe daarna bevestig word. Uiteindelik het die Oosterskeldekering die grootste kering geword van die hele wereld. Die koste was dan ook veel hoër as die van ’n dam. 2,5 biljoen euro was nodig om hierdie kering te voltooi. Die opening is seremonieel gevier saam met koningin Beatrix op 4 Oktober 1986.

3.5 Die Maeslantkering

Closed Maeslantkering seen from the sky
Maeslantkering
Mense het eers gedink dat die Deltawerke heeltemal voltooi is met die offisiële opening van die Oosterskeldekering. Die verbetering van die dyke langs die Nuwe Waterweg sou egter nie vir Rotterdam en sy omliggende gebiede genoeg beskerming bied  nie. Daarom het Rykswaterstaat ’n kompetisie georganiseer vir die ontwerp van ’n nuwe stormvloedkering. Hierdie kering sou in die Nuwe Waterweg geplaas word. Omdat hierdie waterweg die hoofweg vorm na Rotterdam hawe, mog die nuwe kering nie die route van skepe blokkeer nie en net in uitsonderlike omstandighede moet die kering gesluit kan word. Die wenontwerp het bestaan uit 2 geboë deure van staal wat tot op die bodem gesak word op ’n drempel. Hierdie nuwe kering, die Maeslantkering, is die enigste kering ter wereld met sulke groot beweegbare dele. Die twee deure is elk 240 m lank. By normale weersomstandighede bly die twee deure heeltemaal oop, weggesteek in ’n dok langs die waterkant. Dit laat skepe toe om ongehinderd die hawe binne te vaar. As daar ’n stormvloed opkom, sal die deure toegemaak word. Die geboë vorm van die deure sorg daarvoor dat die kering die krag van die water op kan vang.  Op Saterdag 10 Mei 1997 het die offisiële opening van die nuwe stormvloedkering in die Nuwe Waterweg by Hoek van Holland plaasgevind. Danksy hierdie kering word 1 miljoen mense beskerm teen die see.

Philips Dam - Krammer SluizenZandkreek DamMaeslant Kering
Oosterschelde KeringVeersegat DamHaringvlietsluizen

3.6 Die belang van die Deltawerke

Uiteindelik is die Deltawerke heeltemaal voltooi.  Die grootse projek het egter veel meer gekos as die geskatte 680-900 miljoen euro. Uiteindelik het die Deltawerke altesaam 5 biljoen euro gekos. Behalwe vir die verkorting van die totale lengte van seewerende dyke met 700 km, het die Deltawerke nog veel meer voordele. Ten eerste word die varswatervoorsiening vir die landbou in die omgewing veel beter gereël. Daardeur het die totale waterbeheer van die hele Deltagebied verbeter. Die aanleg van die Deltawerke is ook voordelig vir die mobiliteit van die gedeelte van die land en vir die binnelandsewaterverkeer. Tenslotte het die Deltawerke ook invloed uitgeoefen op ontwikkelingen op die gebied van ekonomie, rekreasie en natuur. Op sommige plekke is die natuur onherstelbaar aangetas, maar in ander plekke het daar natuur bygekom of is dit behou. Die Deltawerke is ‘n wereldwye model vir tegnologiese ontwikkeling waarby die veiligheid van mense en natuur die hoofrol speel. Nederland het daardeur sy kyk op water en veiligheid verbreed. Die Deltawerke vorm ‘n unieke compromie tussen veiligheid, ekonomie, rekreasie en natuur.
Die voltooiing van die Deltawerke beteken vir Nederland egter nie ‘n verslapping van die aandag op waterbeheer nie. Nederland het nuwe uitdagings om aan te pak.  Klimaatsverandering vra om ‘n fundamentele kyk op ‘n duursaam, vir toekomstige generasies leefbare inrigting van Nederland. Ook droogte, gronddegradasie, grondversakkings en eise aan waterkwaliteit en ekologie vra om op ‘n nuwe manier aangepak te word. Om verantwoordelik om te kan gaan met hierdie nuwe uitdagings sal Nederland nou en in de toekoms bly belê in ‘n duursame deltasisteem teen maatskaplik aanvaarbare koste.