2. Die Noordsee vloed van 1953

Extra edition of the Dutch News in 1953, in which the first images are shown about the devastated area.
Video: First news about floods 1953
Die kombinasie van ’n springty en die daarmee gepaardgaande Noord-Weste storm oor die Noordsee, was die aanleiding tot ’n grootse natuurramp wat Engeland, België en Nederland getref het. In totaal het 2,167 mense omgekom, waarvan 1,835 uit Nederland. Hierdie ramp het groot invloed gehad op die manier waarop Nederland homself beskerm teen water; nou en in die toekoms.

2.1 Vlugheuwels, Dyke en Polders


Animation: Flooded area
In die verlede het vloede in Nederland meer voorgekom as nou. Die gevolg daarvan was dat duisende mense gesterf het. Om hulleself teen die water te beskerm het mense vlugheuwels begin bou, sogenaamde terpe. Namate die terpe groter begin word het, het mense hele dorpe daarop gebou. Om die dorpe met mekaar te verbind het mense klein dykies tussen die terpe gebou, waardeur polders ontstaan het. Danksy die bou van dyke asook windgedrewe meule, wat die polders droog moes hou, het Nederland steeds groter geword, stukkie vir stukkie.

2.2 Verswakte dyke

Dike that just survived the enormouse high tides. Clearly one can see that the dike has been undermine to the core.
Dike undermining
Dit het al lankal, nog voor die vloed in 1953, duidelik geword dat die dyke nie hoog genoeg was vir hoë watervlakke nie.  Die totale lengte van die dyke was veels te lank en hulle was erg verswak deur `n gebrek aan onderhoud, asook deur skade as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog. ‘n Plan vir die strukturele verbetering van die dyke en die verkorting van die kuslyn het maar moeisaam tot stand gekom sodat net ‘n paar klein projekte regtig die lig gesien het. Einde Januarie 1953 het die Delta Kommissie die eerste verslae met planne ingedien vir die afsluiting van die groter seearms vir beskerming teen die see. Egter, net ’n paar dae later het die onvermydelike gebeur.

2.3 Meteorologiese oorsaak van die watersnoodramp

Through enormous hole in the dike water makes itself a way to the lower laid land.
Dike destroyed
Die slegte toestand van baie dyke in die deltagebied het aan die lig gekom in die oggend van 1 Februarie 1953. Op 30 Januarie, in die suide van Ysland, het daar ‘n stormveld met daaragter ‘n groot depressie ontstaan. Dit het vanaf die Noord-Weste gekom rigting Nederland en het groot hoeveelhede water na die seestraat van Calais gestuur.  Hierdie smal deurgang het gedien as tregter en die water het net al hoe hoër gekom. Die vloed het steeds erger geword en het in krag toegeneem as gevolg van ‘n orkaan by die kus van Skotland. Op sommige plekke in Nederland het die water alreeds oor die dyke begin stroom. In die nag van 31 Januarie het die storm oor die
Horse standing in the water
Horse standing in the water
Noordsee in sterkte toegeneem en by die kusgebiede het die wind gewaai met windkrag 10. As gevolg van die kombinasie van die springty met die posisie van die son én maan het die water hoër gekom as gewoonlik. Die hoogste vlak is teen 03:24 die môre bereik: 4,55 meter bo seespieël. Die dyke van toe was nie ontwerp om sulke hoë watervlakke teë te hou nie en die eerste dyke het al begin breek nog voordat die hoogste vlak bereik is. `n Totaal van 89 dyke was verwoes.

2.4 Die verwoestende krag van die see

House that still stands on a few wooden beams and one outer wall.
Vestiges of a house
Baie mense het angstig wakker geskrik daardie nag. Huise het in mekaar gesak deur die krag van die stromende water en die verwoestende storm.  Die erns van die situatie in die getroffe gebied het nog nie duidelik geword vir die buitewereld nie. Die situasie het vererger toe ‘n tweede vloed later die dag aangekom het. Hierdie vloed het die meeste lewens geëis. Omdat die dyke alreeds verwoes was deur die eerste vloed, het die water na hierdie tweede vloed na ongekende hoogtes gestyg. Baie van die huise wat bly staan het na die eerste vloed, het in mekaar gesak toe die tweede vloed tref. Vir baie het hulp te laat gekom.

2.5 Hulp

Rescue-squad walks over one of the temporary emergency sandbag dams.
Sandbag dam
Vanweë die oorstroming van verbindingsweë het dit lank gevat voordat reddingsoperasies kon begin. Die erns van die situasie het eers regtig ingesink op Maandag, 2 Februarie. Inwoners van die getroffe gebiede is geëvacueer en baie goedere en sandsakke is uit vliegtuie gegooi.  ‘n Grootse reddingsaksie het op gang gekom vanuit Nederland en ver daarbuite.

2.6 Herstel van die getroffe gebiede

Nylon sandbags are use to close the opening in the embankment
Closure with sandbags
Op 4 Februarie 1953 het minister Drees in die Tweede Kamer verklaar dat die herstel van die dyke die hoogste prioriteit sal kry. Ook het die regering die Delta Komissie in die lewe geroep onder leiding van die directeur-generaal van Rykswaterstaat, Meneer Maris. Intussen het die vrywilligers en dykwerkers hard gewerk om al die gate in die dyke weer so goed as moontlik toe te maak. Waar die gate te groot was is hulle toegemaak met sogenaamde eenheidssinkkuipe. Eers teen die einde van 1953 kon die getroffe gebiede offisieel droog verklaar word.

2.7 Gevolge

Die gevolge van die watersnoodramp was enorm.
• 1835 mense het gesterf as gevolg van die ramp
• 200,000 stuks vee het verdrink
• 200,000 hektare landbougrond het weggespoel
• 3,000 huise en 300 plase is verwoes
• 40,000 huise en 3,000 plase is beskadig
• 72,000 mense is geëvacueer
• 91 km aan dyke is erg beskadig in die provinsie Zuid-Holland met gate van minstens 1 km.
• 10 km aan dyke is erg beskadig in die provinsie Noord-Brabant
• 38 km aan dyke is erg beskadig in die provinsie Zeeland met gate van minstens 3,5 km